Lidmaatskap en voordele

Die Orania Landbouvereniging nooi boere (bestaande & nuwes), entrepreneurs en individue uit wat belange in die landbou sektor het (of besigheidsbelange in die sektor wil begin) in en om Orania om aan te sluit by die Vereniging.

Persone en entiteite buite Orania wat lid is of gaan lid word van die Orania Beweging en die OLV wil ondersteun is ook welkom om aan te sluit vir hierdie groot saak.
Lidmaatskap navrae kan gerig word aan sekretaris@oranialandbou.co.za

Lede voordele
• Sektor -, mark – en verbruikersinligting & – statistiek
• Bemarking van lede ondernemings, produkte & dienste
• Besigheid – & besigheid verwante konsultasies
• Finansiële Bestuur en Belegging
• Beding voordele vir lede by Orania instellings & ondernemings

Gemeenskaplike voordele
• Skakel en verteenwoordig sektor met Orania beleidsvormers
• Beywer vir ‘n volhoubare, selfonderhoudende gemeenskap met lang-termyn voedselsekerheid.
• Ondersteun en versterk mede-gemeenskap sektore vir ‘n ekonomies volhoubare Orania.
• Belê in maatskaplike ondersteuningsprojekte in Orania.

Word lid :

13 + 1 =

Share This