Inligting & Projekte

TOERUSTING & IMPLEMENTE BANK

Die OLV kry gereeld navrae rondom Landbou toerusting en implemente wat moontlik te huur aangebied kan word aan lede en kleinboere.

Daarom het die OLV besluit om ‘n projek te loots om toerusting, implemente en selfs ‘n trekker en Rotavator(s) te bekom. Die OLV sal hierdie bates bestuur en administreer en teen bekostigbare pryse aan lede en kleinboere uitverhuur. Die huurkoste sal sonder winsmotief wees en behels slegs die administrasie van die items en voortdurende onderhoud. So sal die koste bekostigbaar bly vir ons kleinboere.

Ons vra lede en belanghebbendes om deel te neem aan hierdie initiatief, en toerusting te skenk, of teen billike koste aan die OLV te verkoop. U kan ook finansieël bydrae tot die fonds deur ‘n inbetaling te maak na ons OSK rekening:

 OSK Koöperatiewe Bank, Standard Bank, Rek. No. 041 712 617, Hopetown Tak: 050 103, Verwysing: GO003 +(TIB & u naam)

Ons beoog eerstens om die volgende bates vir die OLV te bekom:

  • Trekker
  • Snyer
  • Baler
  • Hark
  • Planter
  • Kunsmis strooier
  • Water Spuite / Kanon Spuite

Ons beoog ook verder om finansiële bydraes en borge in te win:

  • R100,000 (vir die aankoop van verdere Landbou toerusting & Implemente)

Vordering met hierdie projek sal deurlopend op die OLV webblad beskikbaar wees (Sien vordering in die Projek Silos)

Vir enige navrae kan die OLV gekontak word by voorsitter@oranialandbou.co.za of 073 104 9649.

U bydrae tot hierdie projek en Bank sal waarlik bydrae tot die ontwikkeling van voedselproduksie vir Orania en ons strewe na selfstandigheid.

Gerhard Kotzé

Voorsitter

MET DANK AAN ONS SKENKERS & BORGE: 

______________________________________________________________________________________

ORANIA VOEDSELPRODUSENTE OPNAME

JUNIE 2021

Orania Voedselprodusente Opname 2021

______________________________________________________________________________________

ORANIA VOEDSELVERBRUIKERS OPNAME

FEBRUARIE 2021

Verbruikers Opname_2021_Verslag

______________________________________________________________________________________

ORANIA VOEDSELMANDJIE VERSLAE

Augustus 2021 Jaar op Jaar syfers

5 Orania Voedselmandjie_JoJ Augustus 2021 Verslag

Julie 2021 Jaar op Jaar syfers

4 Orania Voedselmandjie_JoJ Julie 2021 Verslag

Junie 2021 Jaar op Jaar syfers

3 Orania Voedselmandjie_JoJ Junie 2021 Verslag

Mei 2021 Jaar op Jaar syfers

2 Orania Voedselmandjie_JoJ Mei 2021 Verslag

April 2021 Jaar op Jaar syfers

Orania Voedselmandjie_JoJ April 2021 Verslag

 

 

 

 

Share This